Page 2 of 4

Re: 'n Morsige affêre

Posted: 04 Jun 2017 20:48
by Ds J
Hiehie - ek kan dit gerus maar probeer. Erger as wat dit was kan dit nie wees nie. Ek het vanmiddag na kerk die motorhuis se vloer geskrop om die ergste skade te beperk.

Re: 'n Morsige affêre

Posted: 04 Jun 2017 21:54
by ChristoSlang
Daai twee oliefilters teen die kant van die TD42 enjin maak my moedeloos. Elke keer beplan ek die ruilproses haarfyn, maar meestal loop dinge ernstig skeef..
Groot skaam
Groot skaam
Ashamed.gif (827.18 KiB) Viewed 3219 times

Re: 'n Morsige affêre

Posted: 04 Jun 2017 22:16
by SJC
Ja, hou maar 'n emmer sand byderhand vir die olie wat op die rylaan mors...

....en "safety glasses" vir die stukkies droe modder wat in mens se oë val. :lol:

Re: 'n Morsige affêre

Posted: 05 Jun 2017 01:46
by Ds J
ChristoSlang wrote:Daai twee oliefilters teen die kant van die TD42 enjin maak my moedeloos. Elke keer beplan ek die ruilproses haarfyn, maar meestal loop dinge ernstig skeef.
My plan vir die volgende diens is om gate in die filters te slaan en hulle te laat leegloop voor ek hulle afhaal.

Re: 'n Morsige affêre

Posted: 05 Jun 2017 05:28
by Michael
Ds J wrote:
ChristoSlang wrote:Daai twee oliefilters teen die kant van die TD42 enjin maak my moedeloos. Elke keer beplan ek die ruilproses haarfyn, maar meestal loop dinge ernstig skeef.
My plan vir die volgende diens is om gate in die filters te slaan en hulle te laat leegloop voor ek hulle afhaal.
Ja hierso is waar daar altyd n gemors is.
My beste plan is om maar n groot bak onder die voorste propshaft universal te sit en die filter so vinnig as moontlik los te draai van bo af en hom uit te haal so langs die diesel filter verby. Van onder af wil ek nie eers probeer nie........ :lol:

Re: 'n Morsige affêre

Posted: 05 Jun 2017 07:04
by petrol
Olie filters ruil op alle engines is gewoonlik n gemors maar kan net die gemors dink op die 4.2 diesels. Wat ek altyd doen, tap olie af dan draai sump plug net met hand so halfpad terug, start engine sonder olie vir so 5 sekondes en sien daar is olie filters leeg gepomp, ruil nou filters sonder om te mors, draai weer sump plug uit sodat olie van oliefilters gedryn kan word.

Re: 'n Morsige affêre

Posted: 05 Jun 2017 08:01
by Anthony Forgey
petrol wrote:Olie filters ruil op alle engines is gewoonlik n gemors maar kan net die gemors dink op die 4.2 diesels. Wat ek altyd doen, tap olie af dan draai sump plug net met hand so halfpad terug, start engine sonder olie vir so 5 sekondes en sien daar is olie filters leeg gepomp, ruil nou filters sonder om te mors, draai weer sump plug uit sodat olie van oliefilters gedryn kan word.
if this works it will be brilliant!

Re: 'n Morsige affêre

Posted: 05 Jun 2017 16:43
by Kagiso II
ek verstaan nie die probleem nie ??
'n man wattie nie olie lyk en ruik as hy [kastag] aan ie kar gwerk het 'ie se vrou dink hy lieg vir haar.
mens doen so een keer per 100 000 km ratkasse se olies op n Patrol .. dit van my 3 jaar maar die gewone siel vat VYF jaar tussen ruile [en meeste hat dan hoeka al n anner mouster aangeskaf ] Sooooo, EEN olie stink in vyf jaar klink vir my na "good going" :oldtimer: :oldtimer:

[Moruti .. my bydrae tot jou grappige storie :biggrin: :lol: :rolling:

Re: 'n Morsige affêre

Posted: 05 Jun 2017 18:50
by ChristoSlang
petrol wrote:Olie filters ruil op alle engines is gewoonlik n gemors maar kan net die gemors dink op die 4.2 diesels. Wat ek altyd doen, tap olie af dan draai sump plug net met hand so halfpad terug, start engine sonder olie vir so 5 sekondes en sien daar is olie filters leeg gepomp, ruil nou filters sonder om te mors, draai weer sump plug uit sodat olie van oliefilters gedryn kan word.
My laaste pogings was om Chuck teen 'n linkerhelling te parkeer sodat die filters leegloop voor ek hulle ruil. Daarna het ek die plan omgekeer en hom teen 'n regterhelling parkeer sodat die olie nie by die filters uitloop wanneer ek hulle afhaal nie. Nie een van daai planne was juis suksesvol nie - die olie het maar steeds maar net oral uitgestroom.

Ek gaan verseker die "filters leegpomp" ding volgende keer doen...

Re: 'n Morsige affêre

Posted: 06 Jun 2017 08:42
by Wilkie
I cant believe you oaks with the koorstene battle so much just to drain oil and filters.......must say then this one is for the petrol heads :salute: :thumbup: