Page 1 of 2

Beste gemiddelde brandstofverbruik?

Posted: 25 Oct 2016 11:06
by Ds J
Ons trek Kalahari toe en ek het n groot, soliede en veilige voertuig nodig vir my vrou. Sy is n stadsnooi en ek soek iets waarmee sy enige tyd en enige plek kan ry.

Ek sal n Patrol verkies want hulle het n baie goeie aankoopprys en hulle breek nie.

My grootste probleem op hierdie stadium is die brandstofverbruik van die Patrols - is daar enige Patrol wat 9-10km/l gee? My begroting laat nie toe vir 5.5km/l - 8km/l nie.

Baie dankie vir die raad!

Re: Beste gemiddelde brandstofverbruik?

Posted: 25 Oct 2016 11:21
by Michael
Jaap, dis n moeilike ding wat jy na soek.

n Patrol gaan jou die betroubaarheid en vermoe gee om te ry waar jy wil, maar die brandstof verbruik is die probleem.
Die groot probleem is dat jy 2.5 ton moet rond skuif en dit kos geld.

9km/L se mens nie in dieselfde sin as Patrol nie, maar ek dink as jy moet een koop wat die ligste op brandstof is gaan dit die laaste generasie 3.0 common rail GL weergawe wees.....en ulle is nie goedkoop nie, want hulle is net 2014 en nuwer as ek moet raai.

Bygese gaan jy sy standaard wiel grootde moet hou en so min as moontlik bykomstighede (accessories" moet op sit om die gewig van die voertuig so laag as moontlik te hou. Daar is n paar modifikasies wat jy kan doen op die engine wat sal help met die brandstof verbruik, maar watse nommer jy na gaan kyk sal een van die 3.0 manne vir jou moet gee.

Ek dink wel 9km/l is bereikbaar as jy bitter mooi ry en dien wat ek hier bo genoem het, maar ek mag verkeerd wees.

Re: Beste gemiddelde brandstofverbruik?

Posted: 25 Oct 2016 13:46
by Ds J
Goeiemiddag Michael,

Baie dankie vir die antwoord. Dit is soos ek verwag het maar ek hoop nog steeds vir goeie/beter nuus :wink:

Re: Beste gemiddelde brandstofverbruik?

Posted: 25 Oct 2016 14:04
by JoshJ
Goeie dag. Ek het so 3.0. die nuutste weergawe. Toe hy nog standaard was het ek met min moeite 9km/l gekry. Ek het egter groter bande op gaan sit en so +-500kg se ekstra gewig. Nou kry ek gemiddeld so 7.5. beste 8.3. as jy hom standaard hou. N 3" freeflow opsit. Dastek chip doen en jou intercooler vervang met n preformance een. Sal ek my nek uitsteek en se dat jy 11+km/l sal kry. Dis geen extras en geen 33" bande nie. Net die engine upgrades.

Re: Beste gemiddelde brandstofverbruik?

Posted: 25 Oct 2016 14:19
by Ds J
JoshJ wrote: 'n 3" freeflow opsit, 'n Dastek chip doen en jou intercooler vervang met n preformance een. Sal ek my nek uitsteek en se dat jy 11+km/l sal kry. Dis geen extras en geen 33" bande nie. Net die engine upgrades.
Julle moet asb maar geduldig bly met my - wat kos hierdie voorstel?

Re: Beste gemiddelde brandstofverbruik?

Posted: 25 Oct 2016 14:31
by Herrie
Hi Jaap,

Die Patrol wat jy kan kry is so goedkoop en die petrol Patols kry baie min probleme dat jy meer geld kan gebuik vir petrol! :thumbup:

Re: Beste gemiddelde brandstofverbruik?

Posted: 25 Oct 2016 14:41
by Alex Roux
Ds J wrote: is daar enige Patrol wat 9-10km/l gee? My begroting laat nie toe vir 5.5km/l - 8km/l nie.
Die alternatief, as jy baie beter petrol vebruik wil he, is om kleiner bande op te sit.

Die verbuik is dan beter, maar jy gaan ook verder ry huis toe! :rolling: :rolling:

Maar op 'n ernstiger nood:
Enige swaar voertuig op petrol gaan dors wees.
Die verskil tussen the Cruiser en Patrol in daardie opsig is eintlik marginaal.
Die verskil in prys is egter BAIE.

Re: Beste gemiddelde brandstofverbruik?

Posted: 25 Oct 2016 20:06
by Wilkie
Welkom Jaap ....hoop jy gaan n Patroller word QQQ
Maar ons Patrollers skryf of gesels baie oor diesel versus petrol en brandstof verbruik maar as dit by gatskuur kom dan gaan dit om die voorreg om in n Patrol die obstruksies soos ripples op n grondpad te laat voel

Koop n Patrol en geniet
:woo:
:woo:
:woo:

Re: Beste gemiddelde brandstofverbruik?

Posted: 26 Oct 2016 05:25
by Peter Connan
Soos die manne al gese het: jy kan nie verwag 'n olifant moet op 'n renperd se dieet loop nie.

Groot, stewige karre wat nie breek nie is swaar. Swaar karre gebruik baie brandstof.

Daar is geen twyfel dat die 3l CRD-Patrol die ligste op sous is nie, maar soos ook gese is hulle relatief nuut. Ek glo jy gaan sukkel om een vir minder as R250k op te spoor.

Vir R110k kan jy 'n mooi 4.5 kry.

Enige idee hoe ver jy op R140k se brandstof kan ry?

Re: Beste gemiddelde brandstofverbruik?

Posted: 26 Oct 2016 09:04
by Bruin Beer
Peter,
En dan is dit nog in die verskil in brandstof koste tussen die diesel wat jy lieter gewys spaar teenoor die lieters petrol wat jy meer moet in gooi wat jy met die R140k moet op maak.
Dit gaan 'n hele paar duisende kilometres wees.
Bruin Beer