Page 6 of 6

Re: My Patrol het beter petol verbruik

Posted: 01 Apr 2016 15:51
by SJC
Herrie wrote:.

Die laaste petrol verbruik was 4.4km/l en toe het ek gister spark plugs gaan koop en die in die engine vervang en hulle getoets en die een plug het nie gewerk nie!

Ek het ook vandag met my Patrol dorp toe gery en nou het hy meer krag en hy ry baie goed. :blonde:

Sy petrol verbruik sal nou weer beter wees - ek sal dit weer toets maar het al 100km gery voor ek die plugs vervang het. :thumbup:
Watse plugs word aanbevel vir die 4.5?

Re: My Patrol het beter petol verbruik

Posted: 01 Apr 2016 15:53
by SJC
Wilkie wrote:Herrie,die skoon maak van daai valve help,maar net vir n rukkie..die veertjie binne in raak pap van hitte en ouderdom,
N nuwe valve kos R500.00 .ek het myne vervang en ek het n moeesa verskil dadelik agter gekom en dis net 5 minute om te vervang.
ek kry 6 -6.7km/l op my Trol :mytwocents: :mytwocents:
As ek reg onthou, moet dit na elke 150k km vervang word?

Re: My Patrol het beter petol verbruik

Posted: 01 Apr 2016 18:37
by Herrie
Hi Fanus, die spark plugs is NGK BPR6ES :thumbup:

Re: My Patrol het beter petol verbruik

Posted: 14 Jan 2018 20:42
by Johann van den Berg
Hallo Herrie. Dit was interssant om te lees oor jou episode met die PCV valve.

Net so 'n bietjie geskiedenis oor die ontstaan vd valve. Julle sal onthou op die chev's en Fords en ander karre dat daar altyd 'n breather pyp langs die enjin afgehang het, Jy sien dit eintlik vandag nog op industrieele enjins, Julle sal miskien ook onthou dat as jy jou kar deur die toets gesit het en daar was olie aan die pyp het hulle later van jare die kar gefaal.

Die PCV het eintlik sy onstaan aan die feit te danke. Die idee is dat die enjin die druppels en damp weer deur die inlaat stelsel sirkuleer en dan ontbrand en sodoende agter uitblaas. M.a.w nou is daar nie meer 'n gedrup van duisende karre se olie op die pad nie. Dit is is inderwaarheid die eerste "emission control" wat daar was.

Nissan het die sisteem andersins vd tappet cover af waar die dieselfde vuil lug na die bopunt vd vergasser toe gelei word soos bv op die ou 230/280s enjins van MB in die laat 60's en vroeg 70's.

So is die padordonansie is nou toe gelukkig en ons dink ons sit met m@#$%e tegnologie. Not so....

In die begin jare wanneer die enjin nog nuut is is als bakgat. Wanner die enjin so bietjie al getrek het lyk dit heel anders. Die bypass begin die enjin smoor met baie vuil lug en die persentasie neem eksponensieel toe met hoe afstand. Hoe slegter dit gaan, dan gaan dit nog slegter....raak n selfverstellende....wat se 'n mens? Die enjins is eintlik al van dag een af ge detune met so 'n terugvoer stelsel.

Ek het op my safari L28 die pyp wat van die blok na die PVC al jare terug grond toe gelei...ala die ou Chev manier. Ditto die een vd tappet cover af. Jy kon eintlik net enige een van bg pype afgeblok het en net een grond toe gelei het. Ek het die PVC valve vars lug van die lugfilter af gegee. Die enjin het hierdie lug nodig om met die vergasser in balans te bly'.

Die krag verskil is aansienbaar beter en houvolbaarheid is baie beter oor die langer termyn. En brandstof verbruik natuurlik ook.

Ek is baie gelukkig maar dit kan dalk 'n haar wees die tree-huggers se neuse. Ek drink slaappille...

Die volgende "smart" idee was toe nou die EGR. Net so 'n selfverstellende vonkprop.....

Verstaan jy is ook by SAL. Was self 40 jaar daar.

Re: My Patrol het beter petol verbruik

Posted: 15 Jan 2018 17:41
by Herrie
Hi Johan, baie dankie vir jou inligting.

Ek ry nog my Patrol en my Safari. Ek het ook die Manuals op die CD vir die Patrols en die Safari en laat weet my as jy dit nodig het.

Re: My Patrol het beter petol verbruik

Posted: 15 Jan 2018 21:28
by Johann van den Berg
Sal graag dit wil by jou kry asb. Hoe sal ons maak? Per epos of sal ek dit kom afhaal. Sal jou graag wil ontmoet.

Re: My Patrol het beter petol verbruik

Posted: 16 Jan 2018 08:39
by Herrie
Hi Johann ek het vir jou 'n PM gestuur.

Re: My Patrol het beter petol verbruik

Posted: 16 Jan 2018 21:27
by Johann van den Berg
Ditto dankie Herrie