Page 3 of 12

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 23 Mar 2017 21:21
by ces
Great, dankie julle vir die raad.

Ja, so besef ek nou van die geduld wat nodig is. Ek het die fan bestel voor ek aan prys gedink het. Kan mos nie lank vat nie... :rolling: Viscous nog A ok.
My probleem le eerder by die seel op die alternator. Ek is ook nie oorspronklik na Nissan toe daarmee nie. Die parte ou by Nissan het selfs al by Bearing International en Bearing Man gedraai. Hulle se hul sal een kan laat maak, maar dit kan ook 'n maand vat. REGTIG? Ek meen, is dit moontlik dat daar nie so een erens te vinde is nie! Nou wil ek nie ry met die alternator wat effe sweet op sy seel nie - kort afstand is mos OK, maar kan dit nie ad invintum doen nie. As een van jul se 4.2D vakuumpomp op die alternator sit, laat weet my asb, dan kan ons dalk op daardie VIN nr die regte seel opspoor.

SOOOooo, ek dink ek moet maar net eers die nodigste doen, druktoets, en dan besluit wat ek maak. Obviously as die druktoets OK is, is dit makliker (en goedkoper!) As nie, dan sal ek my opsies oorweeg. As ek die kar wil hou, sal ek moet geld spandeer en ordentlik regmaak. Either way, ek sal jul op hoogte hou.

Christoph

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 24 Mar 2017 06:38
by offroadbiker
Ek dink amper myne doen..... vra eerder vir Michael :redface:

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 24 Mar 2017 06:47
by Tinus lotz
Jy is reg Dirk ons het nou net gesels en gesê jy moet jou vin no plak :salute:

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 25 Mar 2017 09:58
by ces
:pray:

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 25 Mar 2017 10:04
by Kagiso II
Gaan na UD Nissan [Trucking division] Oompie begin dink jy het n LORRI se 4,2 in jou Trolli :think: :think: :think: :think: :oldtimer: :oldtimer: :oldtimer:

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 26 Mar 2017 19:14
by ces
Oom Mac, ek maak sommer so. (Hy sleep soos 'n trok! :wink: ) Daar is actually 'n UD truck handelaar in Lichtenburg.

Die manne daar my Nissan het my gese hul gaan nou die ou bokse uitkrap - daai wat sulke velle op 'n skerm gegooi het, wat jy dan met die hand rondskuif. Miskien kry hul my missing seel daar...

Sal laat weet wat gebeur

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 27 Mar 2017 16:25
by Kagiso II
Kon hulle toe iets op die "FISH" opspoor ?? Wat sê die Truck divisie ?

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 27 Mar 2017 17:14
by Michael
Christoph, stuur my bietjie jou VIN nommer dat ek net iets sien

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 27 Mar 2017 17:43
by ces
Michael wrote:Christoph, stuur my bietjie jou VIN nommer dat ek net iets sien
Michael, ek stuur pm.

Op Nissan se in-house system wys hy vakuumpomp op blok en nie op alternator nie. Hy s^e ook "Special Edition".

Thanks,
Christoph

PS - Ek wag op druktoets uitslag, dan wil ek hom bietjie ry. Pel van my hier (Ralf) en ek en Arrie (Nissan mech) gaan bietjie kopkrap, dan laat weet ek wat ons dink dalk fout is, indien iets. Kan ek hom asb daarna vir jou bring? Moet 9/10 April stad toe.

Re: "Jasper" - Y61 4.2D

Posted: 27 Mar 2017 17:48
by ces
Kagiso II wrote:Kon hulle toe iets op die "FISH" opspoor ?? Wat sê die Truck divisie ?
Oom Mac, ek kon Dirk se Patrol se VIN nr vir hul gee vandag. Dit het hul gehelp bevestig dat die seel wat op bestelling is, die regte een is (maw 2.7D bakkie en 4.2D Patrol selle seel). Interessant genoeg wys Dirk se Vin nr dieselfde fan blade wat myne wys, maar dis nie die regte een nie. So, net so tussen ons het ons nou al 3 variasies van dieselfde ding op 2 parte gekry... Maar dit weet jul seker uit ervaring uit. Goeie nuus is dat hul vandag die regte fan blade verwag vanaf Nissan. Dan maak ons toe en toets... :pray:

EK sal hoor wat die FISH stelsel se, wanneer ek weer daar is - as hul al daarop was.

Ek was toe nie by UD trucks nie.

Stuur nou vir Michael my VIN nr, dan kyk ons wat hy wys word.

Amper daar...