Page 3 of 4

Re: My precious

Posted: 23 Jan 2017 21:08
by Ds J
Dankie julle! Ek raak nou al soos 'n stout kind, kan rêrig nie meer wag nie.

Nog beter nuus is dat die bank ontvangs erken het van al die dokumentasie. Dit kan nou hopelik net beter gaan.

Re: My precious

Posted: 25 Jan 2017 10:40
by Anthony Forgey
looks like a nice one. Congratulations!

Re: My precious

Posted: 30 Jan 2017 11:54
by Ds J
Het alle Patrols die manier om 'n man so nederig te hou?

:rolleyes:

Die bank het vanoggend die eienaar gekontak om die proses met hom aan die gang te kry. Dan terug na my toe en dan verder.

Daar sal wel 'n baie goeie rede wees waarom dit so sloer.

Maar ek wil hom nou hêêêê :tantrumssmiley: :biggrin:

Re: My precious

Posted: 30 Jan 2017 13:08
by Peter Connan
Ou army-liedtjie, effens gemodify.

Mamma se: vasbyt
Pappa se: vasbyt
Boetie se: vasbyt
Sussie se: vasbyt
Meisie se: BANKROOF BANKROOF BANKROOF

Re: My precious

Posted: 02 Feb 2017 13:04
by Ds J
Na Christoph se prag verhaal (http://patrol4x4.co.za/viewtopic.php?f= ... 3d8#p83100) moet ek nou bieg dat ek al na aan trane is.

Die finansiering is goedgekeur maar volgens die bank is daar fout met die Patrol se papierwerk. Hulle WEIER botweg om hom te finansier.

Tinus tree in (baie dankie!!!) en dalk gaan dit nou deur. As hierdie derde keer nie werk nie moet ek dalk die boodskap kry dat dit nie nou my beurt is vir 'n Patrol nie. Ek hou julle op hoogte.

Re: My precious

Posted: 02 Feb 2017 14:15
by ces
Ai Ds J! Ek hoop van harte dat jou naam op hierdie kar geskryf staan! :pray:

Soms bly die deur toe vir 'n rede. Maar as hy oopgaan, dan's dit reg!!! :thumbup: Jy weet dit

Sterkte, ek glo die antwoord kom vinniger as wat jy dink

Re: My precious

Posted: 16 Feb 2017 21:07
by Ds J
:woo: :woo: :woo:

Ai tog - die kinderlike vreugde!

Ons het vanmiddag gehoor dat die bank alles goedgekeur en gefinaliseer het!

Nou net in die Kaap kom, die groen wa oplaai en huis toe kom!

Hier is solank nog 'n voorsmakie:

Re: My precious

Posted: 16 Feb 2017 23:40
by SJC
Baie geluk. Dis goeie nuus... :thumbup: :salute:

Re: My precious

Posted: 17 Feb 2017 06:03
by Peter Connan
Baie geluk!

Re: My precious

Posted: 17 Feb 2017 06:33
by offroadbiker
Geluk :thumbup: