Page 2 of 5

Re: 1988 Safari 2.8 petrol

Posted: 30 May 2016 07:34
by Herrie
Hy lyk baie oulik!! :thumbup: :thumbup:

Re: 1988 Safari 2.8 petrol

Posted: 30 May 2016 08:19
by Carel
Dit lyk defnitief soos 'n Meano conversion, want die agterdeur is dieselfde as my Safari sin wat ook deur Meano's omgebou was

Re: 1988 Safari 2.8 petrol

Posted: 30 May 2016 08:42
by JoshJ
Carel wrote:Dit lyk defnitief soos 'n Meano conversion, want die agterdeur is dieselfde as my Safari sin wat ook deur Meano's omgebou was
Dag Carel. Vertel aseblief meer. Ek wil al cab change en alles. Want ek weet nie van die conversion nie. So ek was bang dat daar onder die verf baie goggas weg kruip.

Re: 1988 Safari 2.8 petrol

Posted: 30 May 2016 08:44
by JoshJ
Herrie wrote:Hy lyk baie oulik!! :thumbup: :thumbup:

Dankie Oom Harry. Ek wil graag een van Oom se CD manuals he.

Re: 1988 Safari 2.8 petrol

Posted: 30 May 2016 08:48
by offroadbiker
Al wat ek weet is dat die ouens weet wat hulle doen, so as Meano conversion behoort jy geen problem te he nie. Hulle is in Krugersdorp.

Het al die Cruiser conversions gedoen na D/C voor dit by Toy self te koop was.

Re: 1988 Safari 2.8 petrol

Posted: 30 May 2016 10:09
by JoshJ
Dankie Dirk. Die klokies lui nou. Ek het al gehoor en gelees oor die manne wat die cruisers double cabs maak. Party reken hulle sin ia beter steeds as toyota se eie weergawe. Ek sal probeer vas stel of hulle hom gedoen het. Voor ek hom n bakkie maak. Dalk eerder omskep in n lekker camper. Ek is op die stadium nie impressed met die deure se gaps ens. Maar sal die naweek as ek by die huis is kyk wat kan ek uitsort.

Re: 1988 Safari 2.8 petrol

Posted: 30 May 2016 10:28
by Herrie
Hi Josh, as jy by ons Klup se 10 Anniversary kan wees sal ek die Manual CD kan gee behalwe as jy gereeld lughave toe kom in Kempton Park kan ek dit daar ook vir jou gee. :thumbup:

Re: 1988 Safari 2.8 petrol

Posted: 30 May 2016 11:41
by JoshJ
Herrie wrote:Hi Josh, as jy by ons Klup se 10 Anniversary kan wees sal ek die Manual CD kan gee behalwe as jy gereeld lughave toe kom in Kempton Park kan ek dit daar ook vir jou gee. :thumbup:

Oom ek is in jhb die week en naby kempton. So een middag die week sal mooi werk vir my. Baie dankie

Re: 1988 Safari 2.8 petrol

Posted: 30 May 2016 18:33
by bogeyman
Josh,
Ek het net twee Side draughts en jy kort drie.

Vir n spruitstuk(manifold) sal jy by manne soos Hannes Grobler moet aanklop. Miskien weet Dawid van een.
Ek het wel L24 manifolds vir n 38 twee keelgat.
Niks praat so lekker soos n warm L28 nie.

Daai kar gaan jou ook weer leer lyne kies want daar is nie lockers of lekker artikulasie nie. En sy krag begin eers by 4000rpm.

Re: 1988 Safari 2.8 petrol

Posted: 30 May 2016 20:50
by JoshJ
Oom Christo, verskoon maar my dom vra. Ek moet leer van die dinge. Gaan daai L24 intake op die L28 pas? En as hy doen moet oom hom aseblief vir my vas hou. Waar kan ek n 38weber kry? Daai ou ref nie eers tot 4000rpm nie... :lol: En hy ryk net petrol as jy hom ry. Ek wil die naweek hom service en kyk wat vat plek met die carberator.
Sy branch lek ook. Ek wil hom ook reg maak. Kry mens gaskets vir die manifolds en so maklik by midas en daai? Of is dit n gespook om aan die hande te kry?
Hyt ook baie min brieke, ek moet daai flush en pads kyk. So buiten viri pads wat net uitval as hulle klaar is ( ja ek het mooi geluister om die kamp vuur by Moegatle :lol: )
Is daar nog iets wat ek moet weet oor die brieke?