Page 2 of 4

Re: Nissan Antifreeze

Posted: 13 Feb 2017 20:44
by SJC
My madman se alarm is gestel op 105. Daar is so twee lang bulte waar die alarm skree. Dis nou met vol vrag. Sonder vrag word hy nie warm nie...

Re: Nissan Antifreeze

Posted: 14 Feb 2017 05:08
by Michael
Ek dink nie jou Patrol word warm nie Fanus, 105 grade is nog fine.

Onthou as jy op 470 EGT's of hoer ry kan jou radiator nie die water vinnig genoeg af koel nie en gaan jou hitte aanhou klim totdat jou EGT's weer drop.

Doen maar in elk geval n radiator flush en maak seker jou radiator is nie vol gras saad nie. Dis maklik om hom uit te haal

Re: Nissan Antifreeze

Posted: 26 Feb 2017 16:19
by SJC
Het die water geflush. Dit was baie bruin. Wel, so paar keer om al die gemors uit te kry.
Die thermostat en housing lyk nog reg.
Het vir nou goedkoop antifreeze by midas gekoop. Wil dan oor n maand weer flush en beter antifreeze in sit.
image.jpeg
image.jpeg (284.34 KiB) Viewed 8625 times
Wat is die korrekte "sender" wat om madman gekies moet word, vd150?
Net seker maak madman is reg op gestel.

Re: Nissan Antifreeze

Posted: 26 Feb 2017 16:27
by Michael
Fanus, agter jou turbo op die blok is n plug wat jy moet uit draai met n size 12 socket. Dan loop daar nog so 6L water uit jou engine blok uit.

As jy daai plug nie uit draai nie bly daar nog baie van daai bruin water agter in die engine.

Nie seker van die sender nie. Temp sender vir die water?

Re: Nissan Antifreeze

Posted: 26 Feb 2017 19:27
by SJC
Ja ek praat van die water temp sender.

Sal volgende keer daai plug soek.
Vir nou was die pype onder en bo los gemaak en tuinslang gebruig om alles te spoel.. :thumbup:

Re: Nissan Antifreeze

Posted: 27 Feb 2017 03:02
by Michael
Jip ek dink dit is n vdo150 :thumbup:

Re: Nissan Antifreeze

Posted: 08 Mar 2017 13:17
by SJC
BTW. wat prys nissan se antifreeze?
Ek sien op die aussie patrol forums reken van die ouens dat Toyota ook 'n goeie anti freeze het, wat blykbaar bietjie goedkoper is...

Re: Nissan Antifreeze

Posted: 09 Mar 2017 09:16
by Michael
Fanus, kos so R130/l omgewing by Nissan.

Ek het ook al gehoor van Toyota sin, maar het ook erens gelees dat daar iets in daai anti freeze is wat nie saam met Nissan se water seels gaan nie dan lek jou waterpomp of so iets. Kan nie presies onthou nie......ek mag dit misgis met iets anders

Re: Nissan Antifreeze

Posted: 28 Nov 2017 13:11
by Louis Nel
Ek het die gekoop vir R865 by Oil Co hier in Vryheid. 20lt

Ek gooi 4lt van die Antifreeze in en die res maak ek vol met water.

Amper so al 10K Km gedoen en ek het geen issues nie, en hy voel nog lekker sterk.
Cooling system is ook bajie skoon! geen roes niks nie.

Re: Nissan Antifreeze

Posted: 09 May 2018 20:00
by SJC
Michael wrote: 09 Mar 2017 09:16 Fanus, kos so R130/l omgewing by Nissan.

Ek het ook al gehoor van Toyota sin, maar het ook erens gelees dat daar iets in daai anti freeze is wat nie saam met Nissan se water seels gaan nie dan lek jou waterpomp of so iets. Kan nie presies onthou nie......ek mag dit misgis met iets anders
Hoeveel gebruik mens, 4 lieter?