3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Nissan Patrol Reference Library. Reference Information, both general and technical
Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Post by Ds J »

Goeiemôre Patrolers!

(http://www.autotrader.co.za/used-cars/n ... 40480f4d62 )

Ek wil graag hierdie ^ Patrol aanskaf, maar dis een van die handgranaatmodelle. Die verkoopsman het hom gister naby Kaapstad gaan haal en tot in Newcastle gery sonder enige probleme. Die enjin was nog nooit oop nie en hulle is besig om pakstukke (gaskets) op die turbo te vervang.

Nou is die vrae:
1) Watter ander manier/e is daar om vas te stel of die enjin al warm geword het?
2) Hier op die forum het ek gelees van 'n olieontleding - waar kan ek dit laat doen?

Dankie vir die geduld en hulp!
User avatar
georgeb
Patrolman
Patrolman
Posts: 850
Joined: 07 Apr 2009 16:56
Full Name: George Brittnell
Nickname: georgeb
Home Town: Hartbeespoort
Current 4x4: 2004 Patrol 4.8 GRX
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 98 times
Been thanked: 93 times

Re: 3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Post by georgeb »

Dagsê Ds J

Ek is nie seker van die antwoorde op jou tegniese vrae nie - wat ek weet is dat heelwat "handgranaat" eienaars al lang trane gehuil het...

Kyk hierna: https://www.facebook.com/groups/4x4koopverkoop/ - hierdie is "bullet proof" - ek ken die eienaar persoonlik en daardie 4.8 is in 'n skitterende toestand.
Groete/Regards,

George Brittnell
User avatar
Alex Roux
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 2626
Joined: 11 Jul 2011 10:54
Full Name: Alexander Roux
Nickname: Calculator
Home Town: Johannesburg
Current 4x4: 2004 GU 3TDi (Lexus) - aka "Witblits" (sold)
2005: GU TD42 - aka "Masewa"
1996: GQ TB48 conversion - aka "Skilpad"
1993: GQ SWB TB42 - aka "Shortie"
1985: MQ Patrol (Safari) SD33 - aka "Toro"
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 49 times
Been thanked: 240 times

Re: 3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Post by Alex Roux »

Dit is presies dieselfde jaarmodel en trimmings as wat ek gekoop het destyds.
My probleem met die ZD30 is dat die skade kumulatief van aard is. Stadig maar seker, tot die piston genoeg gehad het.
Wat ek sou wou weet is hoeveel km het hy reeds met EGT gery, en op hoeveel km was dit ingesit.

Sonder egt, weet ek nie van 'n direct injection ZD30 wat al veby 200,000 gekom het nie.
As dit ek was, bly ek weg.
Skilpad, Shortie, Toro & Masewa
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6005
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1065 times
Been thanked: 983 times

Re: 3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Post by Peter Connan »

Google "oil analysis", daar is baie laboratoriums wat dit doen.

Maar in terme van die hand granaat, gaan dit jou nie help nie. En myns insiens is daar niks wat kan help wat koste effekfief is nie. Want die enigste manier om regtig seker te wees is om dke enjin oor te bou met nuwe suiers en head. En selfs dan kan jy dalk meer skade veroorsaak...

:mytwocents:
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

Re: 3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Post by Ds J »

Goeienaand,

Dankie vir al die antwoorde. Julle maak dit regtig 'n tranerige saak aan my kant :redface:

George, as ek 'n 4.8 kon kos gee sou ek dit onmiddelik gedoen het maar dit kan nie. Die arme ding sal aan dieselonttrekking ly! Daarom neul ek so oor 'n 4.2TD of 'n 3.0.

Ek sal hierdie een laat toets en laat weet.
User avatar
SJC
Patrolman 1000+
Patrolman 1000+
Posts: 3188
Joined: 23 Nov 2014 14:20
Full Name: SJC
Nickname: Fanus
Home Town: Nelspruit
Current 4x4: Patrol 4.2 SGL
Home Language: Afrikaans/English
Has thanked: 195 times
Been thanked: 171 times

Re: 3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Post by SJC »

Mbt oorspronklike vraag: is daar nie wel prosedures of modifikasies wat gedoen kan word om so motor te beveilig nie?
Ek was onder die indruk dat daar wel is... :think:
‘96 GQ 4.2 SGL
‘01 GU 4.5 GRX
‘08 GU TD42 BAKKIE
Ds J
Senior Member
Senior Member
Posts: 134
Joined: 23 Oct 2016 12:19
Full Name: Jaap Steenkamp
Nickname: Ds J
Home Town: Stella
Current 4x4: 1985 Hilux 4x4
Home Language: Afrikaans
Has thanked: 1 time
Been thanked: 7 times

Re: 3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Post by Ds J »

SJC wrote:Mbt oorspronklike vraag: is daar nie wel prosedures of modifikasies wat gedoen kan word om so motor te beveilig nie?
Ek was onder die indruk dat daar wel is... :think:
Die Mad man sensorsisteem is een van die sake wat baie help maar dit kan nie gedoende skade optel of hokslaan nie. Daarom vra ek na ander maniere.
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6005
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1065 times
Been thanked: 983 times

Re: 3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Post by Peter Connan »

SJC wrote:Mbt oorspronklike vraag: is daar nie wel prosedures of modifikasies wat gedoen kan word om so motor te beveilig nie?
Ek was onder die indruk dat daar wel is... :think:
Fanus, daar is 'n reeks modifikasies wat verdere skade amper heeltemal voorkom.
Maar daar is niks wat die klok kan terugdraai op skade wat reeds gebeur het nie.

As die ontbrandingstemperature in 'n enjin te hoog gaan, gaan aluminium deur 'n verandering in kristalstruktuur. Elke keer wat dit gebeur, word daardie stuk materiaal baie verswak.

Op die ou end kan hy so swak wees dat selfs gewone gebruik op 'n dag te veel word.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
Peter Connan
Moderator
Posts: 6005
Joined: 10 Sep 2010 07:21
Full Name: Peter Connan
Nickname: Piet
Home Town: Kempton Park
Current 4x4: 1996 Patrol 4.5SGL
Home Language: Afrikaans
Location: Kempton Park
Has thanked: 1065 times
Been thanked: 983 times

Re: 3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Post by Peter Connan »

Ds J wrote:Goeienaand,

Dankie vir al die antwoorde. Julle maak dit regtig 'n tranerige saak aan my kant :redface:

George, as ek 'n 4.8 kon kos gee sou ek dit onmiddelik gedoen het maar dit kan nie. Die arme ding sal aan dieselonttrekking ly! Daarom neul ek so oor 'n 4.2TD of 'n 3.0.

Ek sal hierdie een laat toets en laat weet.
Ek is nog steeds van mening dat daar min verskil in die totale eienaarskap-koste tussen 'n diesel en 'n petrol is.
Wat jy met 'n petrolenjin by die vulstasie betaal, betaal jy met 'n diesel by die werktuigkundige.

Ek het 'n pel met 'n ou diesel Prado. Dis 'n UN-spec kar wat nooit amptelik hier verkoop is nie. Baie basies met 'n 2.8l N/A diesel enjin, hand-opwen vensters, plastiese matte en dies meer.

Die kar gee hom omtrent 10km/l, en amper geen probleme nie, net gewone onderhoud.

My kar is 'n '96 GQ met 'n 4.5 vergasser enjin, en is een van die swaarste karre op sous op hierdie forum. Ek kry min beter as 4.2km/l.

Tog verskil die totale koste tussen die twee karre, gemeet oor 100 000km en insluitende koopprys, veranderinge, versekering, onderhoud, bande en brandstof met net omtrent 30sent/kilometer.
Mag ons ons kenniskry met lekkerkry aanhoukry.
User avatar
David M
Patrolman
Patrolman
Posts: 794
Joined: 12 Nov 2013 15:13
Full Name: David Marais
Nickname: David Marais
Home Town: Midrand
Current 4x4: 1998 4.5 GL Patrol
2006 4.2 Td Bakkie (SWAMBO's) - The "Firetruck"
Home Language: English
Location: Midrand
Has thanked: 20 times
Been thanked: 96 times

Re: 3.0 "Handgranaat" toetse / kontrole

Post by David M »

Exactly what Piet says above.

I use my 4.5 Petrol (Patrol that is heaviest on fuel other than the 4.2 Petrol) as a daily driver including appointments during the day and am doing in excess of 20 000 km a year. As I get some advantages from SARS I keep a detailed logbook and costs.

"Total cost of ownership" including purchase price, maintenance, fuel, depreciation and insurance is less than any modern turbodiesel. It is just the phsycological thing of having to pay at the pump but as soon as I factor the rest in I smile.

Have just bought a turbodiesel bakkie and am already in for over R 20 k of unbudgeted expenses and if that engine goes believe me it gets replaced with a 4.5 Petrol engine.

And please do not touch that hand grenade vehicle. It is a gamble with the odds heavily stacked against you. If you must go diesel find a 4.2
There are still places out there!!!! - Daniel Goz - The "Tapam" movie
Post Reply

Return to “07. Reference Library”

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 3 guests